
Fanus, Marguerette en klein Kian is baie naby aan my hart. Dis nie net dat hulle ‘n baie spesiale familie is nie, maar hulle is ook deel van my familie. Ek kon nie wag om hom af te neem nie, en soos julle sal sien aan die einde van die shoot moes my Olivia ook haarself inwurm om ‘n foto te kry van haar en haar kleinste kleinneef.
Ek kan ek net ook noem dat hierdie klein outjie die beste model was wat ek nog ooit gehad het, hy het een strook deurgeslaap en dit het gemaak dat ons sommer lekker kon speel.